Bambino reëls en regulasies
Aankom- en Vertrektye
1. Bambino open om 06h15 en sluit stiptelik om 17h45. Daar sal ‘n boete gehef word indien ouers laat kom - R50 per 15 minute of gedeelte daarvan.
2. Die sekuriteitshek moet asseblief ten alle tye gesluit bly. Die klokkie moet gedruk word om toegang tot die skool te verkry. Dit is baie belangrik dat u die hek agter u sal toe trek om veiligheid ten alle tye te probeer verseker.
3. Die kleuters gaan vanaf 06h15 tot 07h20 na TV kamer om vir hulle opvoeder te wag. Daarna sal hulle na hul klasse geneem word. Tasse word direk na die klas geneem.
4. Kontak ons indien u nie self u kind kan kom afhaal nie. U moet in so ‘n geval die persoon se identiteitsnommer telefonies vir ons gee en die betrokke persoon moet u kind met sy identiteitsdokument kom afhaal. Geen kind sal sonder hierdie reëling saam met persone gaan nie. Dit is u as ouer se plig om te verseker dat u kind veilig sal wees en dat ons die kind vooraf kan voorberei wie hom/haar kom haal.
Verversings en voedsel
1. Gekookte pap bv Mieliepap, Mabela, Hawermout word Maandae tot Donderdae en Vrydae word graanvlokkies vanaf 08h00 tot 08h30 bedien Geen ander pap sal toegelaat word nie. Geen kind sal toegelaat word om enige ander verversings in paptyd te eet nie.
2. Verversings om 10h00 bestaan uit rooibostee en koekies, om 14h00 Maandae tot Donderdae vrugte en om 16h00 koeldrank met broodjies. Vrydae kan eie snoepie ingepak word .
3. Middagete: Ons berei ons etes volgens die voorskrifte van die Departement van Gesondheid en Welsyn. Gekookte kos wat bestaan uit:
Maandag
Macaroni en maalvleis / Gebakte Rysgereg / Viskoekies met kappokaartappels
Dinsdag
vleisbolletjies, kappokaartappels, pampoen, rys , koolslaai / soetwortels
Woensdag
Kerrie en rys / Macaroni en kaas / Hoender macaroni / soetpatat
Donderdag
Herderspastei, rys, pampoen, beetslaai / Hoenderkerrie
Vrydag
Koolbredie / Tamatiebredie/ Sop / Pampoenkoekies/ Groenboontjiebredie
Hierdie kosse word afgewissel en nie gekoppel aan die spesifieke dae nie.
Dagprogram
So ver moontlik probeer ons vanaf 2 jaar die nuwe kurrikulum volg:
Bybeltyd
Weer/dag/Maand/Datum
Klassikale Wiskunde
Musiek en beweging
Tema bespreking
Skeppende aktiwiteite
Opruim en Toiletroetine
Verversings
Buitespel en Toiletroetine
Opvoedkundige (Syfers, Geletterheid, Konstruksie)
Taal / Gedigte / Klanke / Storie
Etenstyd
Rustyd
Snoepietyd/Toiletroetine
Buitespel 1
Buitespel 2
Opruiming / Toiletroetine
Kleredrag en ander benodighede:
1. Ouers word versoek om ‘n ekstra stel klere (seisoen gebonde) saam te stuur in ‘n kleinerige sak wat duidelik gemerk is.
2. Pottietrainers moet genoeg ekstra onderbroekies / “panties” wat gemerk is saamstuur.
3. Die wat op doeke is moet nie minder as 6 doeke saamstuur nie. ’n Poeier, boudjiesalf en wetwipes moet asb duidelik gemerk, in die tassie wees.
4. Geen wieletjies tasse word toegelaat nie.
5. ‘n Kombersie en kussing kan u in die wintermaande saamstuur skool toe. (Duidelik gemerk asb)
6. Ander benodighede vir aktiwiteite sal so gou moontlik die begin van die jaar deurgegee word. Dit moet asb duidelik gemerk word en in ‘n 2 liter roomysbak geplaas word.
7. Pre-Primêrs moet skoolpaket aankoop vir hul pre-primêre jaar. Dit sal vroeg in die jaar aan u gegee word. Gelde moet aan die einde van die vorige jaar vir die pakket betaal word.
Ons dra geen verantwoordelikheid indien klere wegraak en nie gemerk is nie.
Verjaarsdae
‘n Verjaarsdag is ‘n groot gebeurtenis en ons deel graag daarin. Mammas of Pappas kan reël dat ons ‘n partytjie hou en is self welkom om te kom. Ons versoek so ver moontlik dat alle partytjies na 14h00 gehou word aangesien ons die middagete nie wil bederf nie.
Speelgoed
Geen speelgoed mag skool toe kom nie. Dit sal afgeneem word en nie weer terugbesorg word nie. Die skool se speelgoed en boeke moet asseblief nie saamgeneem word huis toe nie. Indien dit ooit per ongeluk gebeur, vra ons tog mooi dat u dit asseblief sal terugbesorg.
Oueraande
‘n Ouervergadering sal twee keer ‘n jaar gehou word om sake van belang te bespreek. Ouers ons volg ‘n oopdeurbeleid en u kan vrymoedigheid neem om enige sake rakend die opvoeding van u kind met ons te kom bespreek.
Verslag
Ons gee 3 keer ‘n jaar verslae om die vordering van u kind aan te dui.
Fooie
Fooie is maandeliks vooruitbetaalbaar op die eerste dag van elke maand, maar nie later as die sewende van die lopende maand waarvoor die fooie betaalbaar is nie. Hierdie maandelikse fooie word elke jaar in Junie maand verhoog. Fooie is nogsteeds betaalbaar al is die kind met vakansie.
Ons fooie vir 2012 is as volg: R1050 Voldag (6h15 - 17h45) & R920 Halfdag (6h15 - 14h00)
Bambino behou die reg voor om te enige tyd u kind te weier as fondse nie op datum is nie. Rente sal gehef word na 7 dae teen 15.5%.
Fooie kan d.m.v die internet betaal word: Ons bankbesonderhede is: FNB Civic Centre Bellville, Tjekrekening: 55160417851, Bankkode: 200910 Verwysing: u kind se naam
Kennisgewing
U moet Bambino een kalendermaand kennis gee indien u besluit om u kind uit die sorg van Bambino te verwyder, sowel Pre-Primêrs wat volgende jaar Groot skool toe gaan. By gebreke sal u verantwoordelik gehou word vir die tarief vir een maand asof u kind wel in ons sorg was.
Buitemuurse aktiwiteite by Bambino
Musiek vir ons Peuters ( Ouderdomsgroep 3 tot 4) aangebied deur Tania Kotze Tel 072 613 6332
Musiek vir ons Kleintjies ( Ouderdomsgroep 5 tot 6) aangebied deur Elsabet Rossouw Tel 975 6276
Ballet (Ouderdomsgroep 3 tot 6) aangebied deur Nicole De Klerk Tel 084 370 4703
Moderne Danse (Ouderdom 4 tot 6) aangebied deur Michelle Rossouw Tel 082 304 4158
Karate (Ouderdom 4 tot 6) aangebied deur Hennie Bosman Tel 913 3084
Gym-a-Galore (Ouderdom 3 tot 6) aangebied deur Elra Lilly Tel 919 4070
Audiblox (Ouderdom 5 tot 6) aangebied deur Sonja Ellis Tel 084 656 2468
Soetlief (Ouderdom 5 tot 6) aangebied deur Cynthia Linde Tel 082 874 4885
Alle aansoekvorms is by die kantoor beskikbaar.
Proffesionele Hulp
Arbeidsterapeute
Sielkundiges
Spraakterapeute
Danel Le Roux
Eclipse slot 13
Sonstraalhoogte
Durbanville
Tel:082 413 2290
Linda Schoeman
Durbanville Privaat Hospitaal
Annex No 4
Paul Krugerstraat
Durbanville
Tel 976 5326
Freda Cloete
Tel: 082 774 9774
(by praktyk)
Helaine Laubscher
Tel 083 340 0416
(by Bambino)
Hierdie terapeute kom na Bambino toe vir u gerief.
Dissipline in Bambino
Dissipline van kinders bly die primêre taak van hulle ouers. Elke kleuter sal toegerus word met ‘n Dissipline rekordkaart. Ouers se aandag word gevestig op die manier van dissiplinering van kinders en strawwe wat toegepas sal word by oortreding van reëls.
Kommunikasiemiddel
Ons kommunikeer deur middel van ‘n posbusstelsel. Briewe wor d vir u in die posbusse geplaas. Dit is u verantwoordelikheid om die briewe te neem. Ook Kommunikeer ons deur ‘n gesamentlike lêer vir ‘n klas. Dit sal altyd voor by die kantoor wees. Daarin kan u sien wat geëet is en wat die dag vir u kinders aangebied is. Indien u enige iets moet saambring sal dit daar vir u aangeteken word.
Haarbesmetting:
Die kleuters se hare word elke Maandag deurgegaan om haarbesmetting te voorkom. U sal dadelik verwittig word om u kind te kom haal en weer eers te mag terug bring sodra die hare behandel en skoon is.
Siektes
Kinders met aansteeklike siektes word nie toegelaat tot die aansteeklike tydperk verby is nie.
Medikasie
Alle medisyne moet in die medisyne boek aangeteken word en u handtekening moet daarby wees aangesien die Wet dit vereis. Ons mag glad nie medikasie toedien indien dit nie opgeteken is nie.
Ons fooie vir 2011 is as volg: R990 Voldag & R780 Halfdag
Indien u enige verdere inligting benodig kontak my gerus by 021 981 2434.


